Weekly Update:7 November - 20 November

Print
PDF

WEEKLY INCIDENT REPORT

07/11/2011 - 20/11/2011

Bossies Justice beleef ń uiters suksesvolle twee weke, waar verskeie misdadigers vasgetrek, en gesteelde goedere teruggevind is. BJ woon die Polsec vergaderings, asook verskeie misdaadvoorkomingsoperasies by.
• Verskeie huisrowe gedurende die afgelope tyd beklemtoon die samewerking tussen BJ, die SAPS en sekuriteitsmaatskappye.
Gedurende een van die rowe te Hermansburg word mense vir 5 ure aangehou terwyl hulle beroof word. 2 Voertuie, 4 vuurwapens, elektroniese toerusting ens. word gesteel.
Hi-Tech stel BJ in kennis, en BJ lewer onmiddelik bystand. Die eerste voertuig word in die omgewing waarin die misdaad plaasgevind het, teruggevind. Bossies Justice beskerm die toneel tot tyd en wyl die SAPD die spore kan lig.
BJ lewer bystand om die tweede motor terug te vind. Johan van Niewenhuizen van Tracker, asook lede van die Mosambiekse polisie slaag daarin om dié voertuig naby Maputo terug te vind.
Twee verdagtes word gearresteer en al die vuurwapens word gevind. Die SAPD het aansoek gedoen dat die verdagtes, wat in aanhouding in Mosambiek is, uitgelewer word.
Baie geluk aan Johan van Tracker, en al die lede betrokke, vir ń uitstekende spanpoging.
• Na afloop van nog ń diefstal op ń plaas verkry BJ inligting wat lei tot die arrestasie van twee verdagtes. n Derde arrestasie word ook verwag. BJ bedank graag konstabels Blom en Nkosi van die blitspatrollie vir hulle bystand.
• Bossies Justice koördineer die veiligheidsoperasie toe ń inwoner van Nelspruit 04h00 ń inbreker in haar huis betrap en ons skakel. Hi-Tech reageer weereens onmiddelik en die inbreker slaan op vlug.
• Lees gerus BJ wenke Vrydag op bl2 van die Laevelder!
• Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Moedig asseblief u vriende aan om betrokke te raak by die gemeenskapsinisiatief.
Bossies Justice- ons maak ń verskil!
  • Bossies Justice beleef ń uiters suksesvolle twee weke, waar verskeie misdadigers vasgetrek, en gesteelde goedere teruggevind is. BJ woon die Polsec vergaderings, asook verskeie misdaadvoorkomingsoperasies by.
  • Verskeie huisrowe gedurende die afgelope tyd beklemtoon die samewerking tussen BJ, die SAPS en sekuriteitsmaatskappye.

-  Gedurende een van die rowe te Hermansburg word mense vir 5 ure aangehou terwyl hulle beroof word. 2 Voertuie, 4 vuurwapens, elektroniese toerusting ens. word gesteel.

-  Hi-Tech stel BJ in kennis, en BJ lewer onmiddelik bystand. Die eerste voertuig word in die omgewing waarin die misdaad plaasgevind het, teruggevind. Bossies Justice beskerm die toneel tot tyd en wyl die SAPD die spore kan lig. 

-  BJ lewer bystand om die tweede motor terug te vind. Johan van Niewenhuizen van Tracker, asook lede van die Mosambiekse polisie slaag daarin om dié voertuig naby Maputo terug te vind. 

-  Twee verdagtes word gearresteer en al die vuurwapens word gevind. Die SAPD het aansoek gedoen dat die verdagtes, wat in aanhouding in Mosambiek is, uitgelewer word.

-  Baie geluk aan Johan van Tracker, en al die lede betrokke, vir ń uitstekende spanpoging.

  • Na afloop van nog ń diefstal op ń plaas verkry BJ inligting wat lei tot die arrestasie van twee verdagtes. n Derde arrestasie word ook verwag. BJ bedank graag konstabels Blom en Nkosi van die blitspatrollie vir hulle bystand. 
  • Bossies Justice koördineer die veiligheidsoperasie toe ń inwoner van Nelspruit 04h00 ń inbreker in haar huis betrap en ons skakel. Hi-Tech reageer weereens onmiddelik en die inbreker slaan op vlug.
  • Lees gerus BJ wenke Vrydag op bl2 van die Laevelder!
  • Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Moedig asseblief u vriende aan om betrokke te raak by die gemeenskapsinisiatief.

Bossie's Justice:  we are making a difference!

PLEASE CONTACT ALBERT ON 082 567 5212 FOR EMERGENCY ASSISTANCE

icon Debit Order (68.08 kB 2011-08-10 12:05:22)