Oktober Nuus

Print
PDF

 
OKTOBER NUUS

 

Gedurende die afgelope weke is Bossies Justice, in samewerking met ń spesiale taakspan van die SAPD, werksamig om huisroofsindikate vas te trek. Dié sindikate is verantwoordelik vir ń vlaag misdaad waaronder die Laeveld gebuk gaan. Tydens die mees onlangse voorval is ń persoon in The Rest raakgeskiet, en ń voertuig gekaap.

Hierdie sindikate is hoogs georganiseerd, en het waarskynlik self informante wat hulle inlig oor ons misdaadvoorkomingsstrategieë.

Die gesamentlike inisiatiewe tussen Bossies Justice en die SAPS lei tot ń beduidende afname  sedert die aksies geloods is.

Die misdadigers slaan meestal op vlug met huisroofslagoffers se voertuie.

Albert Greyvenstein van Bossies Justice het 13 jaar ondervinding met die terugvind van gekaapte voertuie. Bossies Justice slaag daarin om twee gekaapte voertuie te vind, een daarvan in samewerking met die SAPD se honde-eenheid en Tracker.

Gedurende die aksies die afgelope weke het ons gevind dat een van die groot struikelblokke, wat ons reaksietyd belemmer, die tekort aan ń gebeurlikheidsplan by huiseienaars is.

Die huisroof kan in meeste gevalle nie betyds gerapporteer word nie,aangesien inwoners vasgebind word, van hul selfone beroof word, of ver moet loop vir hulp aangesien ń voertuig geroof is.


Die volgende wenke vir die daarstelling van ń gebeurlikheidsplan mag van hulp wees. Verseker dat alle lede van u gesin die plan ken en verstaan.

1)    ‘n Alarmstelsel gekoppel aan ñ reaksie- eenheid. Verkieslik ń koordlose paniekknoppie, wat ten alle tye by u as persoon gehou word.

2)     Skaf ń goedkoop selfoon aan waarop lugtyd gelaai word. Versteek die foon in u huis, verkieslik in ń kussingsloop of met kleefband aan ń bedkassie. Moenie items onder ń matras versteek, rowers lig matrasse op!

3)     Voldoende beligting buite ń woning. Misdadigers vermy areas met behoorlike beligting. Hiermee saam behoort digte struike gesnoei te word om skuilplek te verminder en u sig te verbeter.

4)     Goeie buurmanskap verseker dat daar nog persone is wat bedag is op enige gebeurlikhede by u huis. Bure is ook gewoonlik u naaste hulp. Vergader met hulle en werk saam aan ń gebeurlikheidsplan, bv. om ń tweerigtingradio te hê waarmee u buurman gekontak kan word, en hy/sy kan dan die sekuriteitsdienste kontak.

5)     "Teiken bekoorlikheid" is ń term wat gebruik word vir ń eiendom waar items van waarde uitgestal word. Parkeer voertuie in motorhuise of buite sig. Hou gordyne toe sodat televisies en ander elektronika nie van buite af sigbaar is nie. Sluit  veiligheidshekke ten alle tye.  

6)     Wees bedag indien u enige tyd van die dag, of nag, tuiskom. Kontak Bossies Justice, sekuriteitsmaatskappye of die SAPD indien enige onraad vermoed word bv.  persone wat rondhang buite u eiendom, honde wat vreemd optree of vensters wat toegemaak was, en nou oop is.

7)     Hou asseblief Bossies Justice se noodnommer byderhand (0825675212). Ons kan u help om ń response te koördineer, aangesien ons nou saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye werk. Ons kan ook dadelik die toeneel besoek, die gebied help fynkam, en informante betaal vir inligting wat tot arrestasies lei.

Bossie's Justice: Ons maak 'n verskil!

 

 

PLEASE CONTACT ALBERT ON 082 567 5212 FOR EMERGENCY ASSISTANCE