WEEKLY INCIDENT REPORT
11/07/2011 - 24/07/2011
- Polsec vergaderings word bygewoon. Misdaadbekamping bespreek. Diefstal vanuit voertuie is kommerwekkend, met tot 10 voorvalle per dag wat aangemeld word. Kriminele betrokke by dié tipe misdaad is opportuniste, wat items van waarde in ń voertuig opmerk, en dan toeslaan. Indien sulke items nie sigbaar is nie, beweeg hulle na die volgende voertuig. Moet asseblief geen waardevolle items oop en bloot in u kar laat nie.
- Bossie's Justice reageer op ń noodoproep nadat ń bejaarde persoon tydens ń plaasaanval buite die dorp oorweldig is. BJ doen toneelbeveiliging, die polisie word ontbied en na die toneel gelei.
- BJ dra by tot verskeie dwelmverwante arrestasies. Dié arrestasies strek selfs sover as naburige dorpe, oa. Witrivier.
- Bosssie's Justice, in samewerking met ander belanghebbendes, onderneem patrollies op kleinhoewes in Nelspruit en Witrivier, wat as hoë misdaadareas identifiseer is.
- BJ beveilig die toneel waar ń huisroof plaasgevind het, en ontbied die SAPS.
- BJ is behulpsaam met verskeie ondersoeke. Inligting word deurgaans gewerf en aan die SAPD gelewer.
Bossie's Justice: we are making a difference!
PLEASE CONTACT ALBERT ON 082 567 5212 FOR EMERGENCY ASSISTANCE



